LUR besoek brandgeteisterde plase in Noordwes
Agri SA is bekommerd oor die verwoestende impak van veldbrande in die Vrystaat, Noordwes en Noord-Kaap. Meer as 400 000 hektaar veld is geraak, wat gelei het tot die verlies van weiding en vee soos skape, beeste en wild. Agri SA sê noodreaksiepogings is nodig om boere met voer by te staan, omdat die impak van veldbrande steed duur lank nadat die brand geblus is. Die organisasie vra die publiek se hulp om verligting te bied aan geaffekteerde gemeenskappe wat daagliks hard werk om voedselsekerheid te waarborg vir alle Suid-Afrikaners.